Generasiewisseling

’n Diagram wat die generasiewisseling wys tussen ’n diploïede sporofiet (onder) en ’n haploïede gametofiet (bo).

Generasiewisseling[1] (waar ’n generasie ’n stadium in die ontwikkeling van ’n organisme is) is ’n term wat die lewensfases van ’n plant beskryf. Dit behels ’n haploïede en ’n diploïede generasie (laasgenoemde het twee keer soveel chromosome as eersgenoemde). Dit is ’n vorm van voortplanting waarin seksuele en aseksuele voortplanting mekaar afwissel van generasie tot generasie.

Generasiewisseling kombineer die voordele van albei voortplantingsmetodes: die aseksueel voortplantende generasie kan ’n groot aantal nakomelinge produseer, sonder die nodigheid van ’n seksuele maat. Die seksueel voortplantende generasie sorg vir ’n vermenging van die geenpoel.

  1. Keats D.W. Life Cycles in Photosynthetic Eukaryotes.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search