Georg Wilhelm Friedrich Hegel

Georg Wilhelm Friedrich Hegel
Portret deur Jakob Schlesinger in 1831, die jaar van Hegel se dood.

Gebore 27 Augustus 1770
Stuttgart, Württemberg, Heilige Romeinse Ryk
Oorlede 14 November 1831 (op 61)
Berlyn, Pruise
Blyplek Duitsland
Nasionaliteit Duitsland
Vakgebied Filosofie van die geskiedenis, politieke filosofie, Logika, Estetika, Geloof, Metafisika, Epistemologie
Bekend vir Absolute idealisme, Meester-slaaf dialektiese, "Sublasie" (Aufheben), "verstand-gees" (Geist)
Beïnvloed deur Aristoteles, Plato, Herakleitos, Neoplatonisme, Descartes, Goethe, Spinoza, Leibniz, Rousseau, Böhme, Kant, Johann Gottlieb Fichte, Hölderlin, Schelling, Smith, Schiller
Invloed op Adorno, Barth, Bauer, Bosanquet, Bradley, Brandom, Beauvoir, Butler, Carové, Croce, Danto, Derrida, Dilthey, Doull, Engels, Erdmann, Fackenheim, Feuerbach, Fischer, Fukuyama, Heidegger, Gans, Gentile, Hinrichs, Heine, Hyppolite, Kaufmann, Kierkegaard, Kojève, Mário Ferreira dos Santos, Küng, Lukács, Marcuse, Marx, Michelet, Nietzsche, Oppenheim, Pippin, Rose, Rosenkranz, Russon, Sartre, Singer, Strauss, Taylor, Zeller, Žižek
Handtekening

Georg Wilhelm Friedrich Hegel (27 Augustus 177014 November 1831) was 'n Duitse filosoof. Hy word as 'n belangrike figuur in die Duitse idealisme beskou. Sy historistiese en idealistiese siening van die werklikheid het 'n rewolusie in Europese filosofie veroorsaak en het as 'n belangrike voorloper tot kontinentale filosofie, Marxisme en historisme gedien.

Hegel het die filosofiese beweging genaamd Hegelianisme begin, wat 'n deel van die Duitse idealisme is. Hy het 'n groot invloed op verskeie skrywers en filosowe gehad. Sommige van hulle het met hom saamgestem (soos Bradley, Sartre, Küng, Bauer, Stirner en Marx), terwyl ander sy idees teëgestaan het (Kierkegaard, Schopenhauer, Nietzsche, Heidegger en Schelling).[1] Sy boeke is moeilik om te lees en behandel soms gelyklopend verskillende idees. Hy het oor die geskiedenis, politiek, godsdiens, kuns, logika en metafisika geskryf.

  1. Butler, Judith, Subjects of desire: Hegelian reflections in twentieth-century France (New York: Columbia University Press, 1987)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search