Georgiese nasionale rugbyspan

Georgië
Unie Georgiese Rugbyunie (GRU)
Bynaam(e) Lelos, Bordsjghalosnebi
Embleem Gevleuelde son
Stadion Boris-Paitsjadse-Dinamo-arena en Micheil-Mesj-stadion, Tbilisi
Kapasiteit 54 139 en 27 223
Afrigter(s) Vlag van Engeland Richard Cockerill (sedert 2024)
Kaptein(s) Merab Sjarikadse
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Dawit Katsjarawa (122)[1]
Meeste toetspunte Merab Kwirikasjwili (840)[2]
Meeste drieë Akaki Taboetsadse (37)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Eerste nieamptelike toetswedstryd
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 3–16 Georgië Vlag van Georgië
(Koetaisi, Georgië; 12 September 1989)
Eerste amptelike toetswedstryd
Vlag van Oekraïne Oekraïne 15–19 Georgië Vlag van Georgië
(Tbilisi, Georgië; 21 November 1991)
Grootste oorwinning
Vlag van Georgië Georgië 98–3 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(Tbilisi, Georgië; 8 April 2002)
Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 84–6 Georgië Vlag van Georgië
(Perth, Australië; 12 Oktober 2003)
Wêreldbeker
Verskynings 6/10 (Eerste in 2003)
Beste uitslag Twee oorwinnings in 2015
Unie webwerf
www.rugby.ge

Die Georgiese nasionale rugbyspan (Georgies: საქართველოს მორაგბეთა ეროვნული ნაკრები, Sakartwelos moragbeta erownuli nakrebi) is die nasionale rugbyspan wat Georgië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam Lelos is ontleen aan ’n tradisionele Georgiese rugbysport wat nou verwant is aan rugby. ’n Ander bynaam is Bordsjghalosnebi (“mans van die son”), afgelei van die Bordsjghali, ’n tradisionele Georgiese sonembleem. Rugby word in Georgië geadministreer deur die Georgiese Rugbyunie (GRU; საქართველოს რაგბის კავშირი, Sakartwelos ragbis kawsjiri) wat in 1964 gestig is en sedert 1991 op sy eie optree. Georgië word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Georgië tot die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Georgiese rugbyspan is tans (Maart 2024) 13de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Georgië het in 1989, voor sy onafhanklikheid van die Sowjetunie, sy eerste nieamptelike toetswedstryd teen Zimbabwe gespeel; hul eerste amptelike toetswedstryd het twee jaar later plaasgevind. Hulle het tydens die Europese Rugbykampioenskap 16 titels ingepalm, vier keer as naaswenner en twee keer in die derde plek geëindig. Die Georgiese span speel tradisioneel in wynrooi truie met wit broeke en wynrooi sokkies. Georgië se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 beslis word. Sedert die Rugbywêreldbeker 2003 het die span aan al die toernooie deelgeneem en tydens die Rugbywêreldbeker 2015 met die derde plek in hul groep hul beste prestasie behaal.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 19 Maart 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 19 Maart 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search