Geskiedenis van die Kaapkolonie vanaf 1806 tot 1870

Die Geskiedenis van die Kaapkolonie reeks

Nederlandse Kaapkolonie
Kaapkolonie

Voor 1806
Vanaf 1806 tot 1870
Vanaf 1870 tot 1899
Vanaf 1899 tot 1910

Kaart van die Kaapkolonie in 1809.

Ná die oorlog weer uitgebreek het, word 'n Britse mag weereens gestuur na die Kaap. Na die Slag van Blaauwberg, wat naby Kaapstad op 8 Januarie 1806 geveg is, is Britse heerskappy in Suid-Afrika gevestig. Die Nederlandse vesting om die Kasteel en die res van die kolonie is aan die Britte onder Sir David Baird oorgegee. In 1814 word die kolonie permanent afgestaan deur Nederland aan die Britse kroon. Teen daardie tyd het die kolonie gestrek tot teen die berge voor die groot sentrale plato, toe genoem "Boesmansland", en het 'n oppervlak van sowat 194 000 vierkante kilometers en 'n bevolking van sowat 60 000 gehad, waarvan 27 000 blank, 17 000 vrye Khoikhoi, en die res slawe was. Hierdie slawe was meestal ingevoerde swart mense, Indiërs en Maleiers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search