Goewerneur-generaal van Suid-Afrika

Die Tuynhuys, destydse setel van die goewerneur-generaal in Kaapstad

Die Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika (Engels: Governor-general of the Union of South Africa, Nederlands: Gouverneur-generaal van de Unie van Zuid-Afrika) was die verteenwoordiger van die Britse Kroon in Suid-Afrika tussen 31 Mei 1910 en 31 Mei 1961. Die Unie van Suid-Afrika was 'n Gemenebes Koninkryk (Engels: Commonwealth Realm) waarin Koningin Elizabeth II die titel "Koningin van Suid-Afrika" gehad het al het sy die land nooit in die hoedanigheid besoek nie.

Sommige van die draers van die pos was lede van die Britse Koninklike Familie insluitend Prins Arthur van Connaught, tussen 1920 en 1923, en die Graaf van Athlone, wat tussen 1923 en 1930 gedien het voor hy die Goewerneur-generaal van Kanada geword het. Soos in ander Dominions, sou dit verander met slegs Suid-Afrikaanse burgers wat die amp in latere jare gedra het. In daardie jare was die ampsdraers natuurlik almal blankes.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search