Gougheiland

Gougheiland
'n Uitsig oor die Gougheiland.
'n Uitsig oor die Gougheiland.
Geografie

Ligging Suidelike Atlantiese Oseaan
Koördinate 40°19′S 09°57′W / 40.317°S 9.950°W / -40.317; -9.950
Argipel Tristan da Cunha

Oppervlakte 65 vk km
Hoogste punt Edinburgh Peak 910 m
Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebied Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha

Demografie
Bevolking 6 (Wetenskaplikes)

Ortografiese afbeelding van Gougheiland
Ligging van die Gougheiland
Kaart van die Gougheiland

Gougheiland (ook bekend as Gonçalo Alvares) is 'n vulkaniese eiland wat uit die Suid-Atlantiese Oseaan rys tot 'n hoogte van 900 meter (2950 voet) bo seespieël en 'n benaderde oppervlakte van 65 km² (25 myl²).

Dit sluit klein satellieteilande en rotse soos Suidweseiland, Saaleiland (suid), Tristianarots, Isoldarots (wes), Ronde-eiland, Kegeleiland, Lot se Vrou, Kerkrots (noord), Pikkewyneiland (noordoos), en Die Admirale (oos) in.

Dit is 'n afgeleë en eensame plek, omtrent 350 km (220 myl) suidoos van ander eilande in die Tristan da Cunha-groep, 2700 km (1700 myl) van Kaapstad, en meer as 3200 km (2000 myl) van die naaste punt van Suid-Amerika. Dit is 'n besitting van die Verenigde Koninkryk en die enigste inwoners is die bemanning van 'n weerstasie wat Suid-Afrika konstant sedert 1956 instand hou.

Die eiland is vernoem na Charles Gough, wat dit na bewering in 1731 (her)ontdek het. Die Gough- en Inaccessible-eilande is in 1995 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys. Dit is deel van die Tristan da Cunha-eilandgroep op die Atlantiese oseaanrif in die middel van die Atlantiese Oseaan, en is ongeveer 2 200 km wessuidwes van Kaapstad en 2700 km oos van Suid-Amerika geleë.

Die ander eilande van die groep is, soos die naam aandui, Tristan da Cunha, en 2 kleiner eilande, bekend as Inaccessible en Nightingale. Gough-eiland is ongeveer 350 km suidoos van Tristan da Cunha, byna op die subtropiese konvergensie, geleë. Hierdie konvergensie is, soos die Antarktiese konvergensie, ʼn gebied waar kouer water onder warmer water inbeweeg.

Die kouer water is in hierdie geval die sub- Marion-antarktiese water, wat reeds heelwat warmer as die Antarktiese water is. Die oorgang van koue na warm water is nie sigbaar nie, maar die verskil in klimaat wat daarmee gepaard gaan, kan duidelik gevoel word.

Die gemiddelde jaarlikse temperatuur van Gough-eiland is gevolglik hoër as die van Marion-eiland. Die reënval op Gough-eiland wissel van ongeveer 2 500 tot 3 500 mm per jaar. Dit is dus nog hoër as op Marion-eiland. Die temperatuur by seevlak wissel tussen 2 °C en 22 °C deur die jaar, maar van wee die invloed van die see kom drastiese temperatuurwisselings nie voor nie.

Die kenmerkende sterk westewinde van die suidelike oseane is ook by Gough-eiland aanwesig. Die geologie en geomorfologie van die eiland kom baie ooreen met dié van Marion-eiland. Die eiland is egter heelwat kleiner as Marion-eiland en nie so hoog nie. Die hoogste pieke is Edinburghpiek (910 m) en Expeditionpiek (894 m).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search