Grahamstad

Grahamstad

Makhanda

Grahamstown
Stad
Grahamstad vanaf Fort Selwyn
Grahamstad vanaf Fort Selwyn
Byname: 
City of Saints
Grahamstad is in Oos-Kaap
Grahamstad
Grahamstad
 Grahamstad se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 33°18′35″S 26°31′40″O / 33.30972°S 26.52778°O / -33.30972; 26.52778
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikSarah Baartman
MunisipaliteitMakana
Stigting1812
Regering
 • TipeStadsraad
 • Uitvoerende burgemeesterVumile Lwana (ANC)
Oppervlak
 • Totaal65,1 km2 (25,1 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal67 264
 • Digtheid1 033/km2 (2 680/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.4%
 • Indiërs/Asiërs0.7%
 • Bruin mense11.3%
 • Swart mense78.9%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Xhosa 72.2%
 • Afrikaans 13.7%
 • Engels 10.8%
 • Ander 3.4%
Poskode (strate)
6139
Poskode (posbusse)
6140
Skakelkode048
WebwerfMakana Munisipaliteit

Grahamstad (Engels: Grahamstown, Xhosa: iRhini; sedert 29 Junie 2018 amptelik Makhanda) is 'n stad in die provinsie Oos-Kaap (Suid-Afrika), sowat 125 kilometer van Gqeberha en 180 kilometer van Oos-Londen af, met 50 000 inwoners. Die stad, wat as een van die bes bewaarde Victoriaanse nedersettings buite die Britse eilande beskou word, is genoem na sy stigter, luitenant-kolonel John Graham, eerste bevelvoerende offisier van die Kaapregiment wat vanaf 1811 hier sy hoofkwartier gehad het.

Vandag funksioneer Grahamstad as die setel van die Makana Munisipaliteit en die Rhodes-universiteit. Die N2 nasionale pad loop digby Grahamstad verby.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Rhini (uitgespreek "Gini") en Grahamstad tydens die 2011-sensus.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search