Grondwet van Suid-Afrika

Die Grondwet van Suid-Afrika is die hoogste wet van Suid-Afrika. Dit is op 4 Desember 1996 as Wet 108 van 1996 deur die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika aanvaar.

Ingevolge die tussentydse grondwet, wet 200 van 1993, moes die grondwetlike vergadering 'n nuwe grondwet saamstel. Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika moes sertifiseer dat die nuwe grondwet voldoen aan die 34 grondwetlike beginsels waarop vooraf ooreengestem is volgens die onderhandelaars van die tussentydse grondwet. Die aanvanklike voorlegging aan die hof is nie goedgekeur nie – die grondwetlike vergadering moes die teks weer in oënskou neem en die hof se redes in ag neem.

Op 4 Desember 1996 het die hof die gewysigde weergawe goedgekeur en dit het die amptelike grondwet van Suid-Afrika geword by ondertekening deur president Nelson Mandela met effek vanaf 4 Februarie 1997. Dit is sedertdien al enkele kere gewysig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search