Groot Markplein van Brussel

Groot Markplein van Brussel*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Groot Markplein van Brussel
Ligging van Groot Markplein van Brussel op 'n kaart (België)
Groot Markplein van Brussel
Groot Markplein van Brussel
Posisie van die Groot Markplein van Brussel in België
Koördinate: 50°50′48″N 4°21′08″O / 50.84667°N 4.35222°O / 50.84667; 4.35222
Lande Vlag van België België
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iv
Verwysings 857
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1998  (22ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Groot Markplein van Brussel (Frans: la Grand-Place de Bruxelles, Nederlands: Grote Markt van Brussel) is die sentrale stadsplein in Brussel. Dit word omring deur versierde gildehuise in die Italiaanse Barokstyl, die stadsaal (Frans: Hôtel de Ville) en die Broodhuis (Maison du Roi). Die plein is Brussel se belangrikste toeristebestemming en saam met die Atomium en Manneken Pis een van die stad se gewildste landmerke. UNESCO het die Groot Markplein in 1998 tot 'n wêrelderfenisgebied verklaar.

Die Groot Markplein het met sy ryk versierde boukuns die mag van die plaaslike bourgeoisie versinnebeeld en was sodoende steeds ook 'n simbool van stedelike demokrasie. Toe die welvarende Brusselse gildes in die 15de eeu die gesag van die aristokratiese stadsregering oorgeneem het, het hulle met hierdie plein van kosbare gildehuise, waarvan sommige volledig van hout gebou is, ook 'n monument van burgerlike mag opgerig wat 1695 deur die Franse tot 'n puinhoop gebombardeer is.

Vandag word gereeld feeste op die Groot Markplein gehou. Aan die begin van Julie vind die jaarlikse "Ommegang", 'n geskiedkundige optog, hier plaas en die plein word tweejaarliks in mid-Augustus met 'n groot blomtapyt versier.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search