Groot Skeurvallei

Kaart van die Groot Skeurvallei
NASA-Satellietbeeld van die Groot Skeurvallei

Die Groot Skeurvallei is 'n skeurvallei in Oos-Afrika wat die grootste van sy soort in die wêreld is. Hoewel die term nog redelik algemeen is, word dit deesdae selde in geologie gebruik omdat dit beskou word as twee aparte, maar verwante, skeurstelsels waarvan die Oos-Afrikaanse Skeur een is.

Die skeurvallei is bykans 5600 km lank en strek van die Afar depressie in die Horing van Afrika tot by die mond van die Zambezirivier. Die meeste van die groot mere van Afrika lê in die Groot Skeurvallei. Daar is drie punte van die Skeurvallei wat laer as seevlak is: die Danakil depressie en die bodems van die Malawi en Tanganyikamere.

Die Skeurvallei gaan deur Eritrea, Djiboeti, Ethiopië, Kenia, Uganda, Tanzanië, Malawi en Mosambiek. Die gedeelte van Eritrea deur Ethiopië staan bekend as die Abessiniese skeurvallei, die gedeelte vanaf Ethiopië deur Kenia tot in Tanzanië staan bekend as die Oostelike skeurvallei en die gedeelte vanaf Uganda tot by Malawi as die Westelike skeurvallei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search