Groot Trek

Trekroetes van die grootste trekgeselskappe tydens die eerste golf van die Groot Trek (1835–1840), met die belangrikste veldslae en gebeurtenisse aangedui.                      Louis Tregardt se roete (1833 tot 1838)                      Oorlewendes van Tregardt se trek per skip ontruim, 1839                      Van Rensburg se roete, na skeiding van Tregardt s’n, almal uitgemoor in 1836                      Hendrik Potgieter se trek-, kampanje- en verkenningsroetes                      Gerrit Maritz se roete                      Piet Retief se roete, insluitend sendings met sy gevolg                      Piet Uys se roete

Die Groot Trek (Nederlands: de Grote Trek) verwys na die massa-migrasie, vanaf die jaar 1835, van Kaapse Nederlandssprekende burghers na die Suid-Afrikaanse binneland om onder andere weg van Britse beheer af te kom. Die immigrante was afstammelinge van setlaars vanuit die westelike vasteland van Europa, veral uit Nederland, Noordwes-Duitsland en Hugenote uit Frankryk. Die Groot Trek het gelei tot die stigting van verskillende Boererepublieke vernaamlik die Natalia Republiek, die Oranje-Vrystaat en die Transvaal. Die Trek het ook gelei tot die verplasing van die Matabele na die noorde van die Limpoporivier en tot die omverwerping van die Zoeloe-koning Dingaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search