Groothertogin Maria Nikolajewna van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewna en die van is Romanowa.

Maria Nikolajewna
Groothertogin Maria Nikolajewna in 1914.
Gebore
Maria Nikolajewna Romanowa
(Мария Николаевна Романова)

(1899-06-26)26 Junie 1899
Sterf17 Julie 1918 (op 19)
NasionaliteitRussies
TitelGroothertogin
Ouer(s)Nikolaas II van Rusland
Aleksandra Fjodorowna

Groothertogin Maria Nikolajewna van Rusland (Maria Nikolajewna Romanowa; Russies: великая княжна Мария Николаевна, welikaja knjazjna Maria Nikolajewna; 26 Junie [O.S. 14 Junie] 1897 – 17 Julie 1918) was die derde oudste dogter van die laaste tsaar, Nikolaas II van Rusland, en sy vrou, Aleksandra Fjodorowna.

Maria was tydens die Eerste Wêreldoorlog te jonk om soos haar twee ouer susters, Olga en Tatjana, verpleegsters te word. Sy was egter die beskermpersoon van ’n hospitaal en het gewonde soldate besoek. Sy wou graag trou en ’n groot gesin hê. Haar jonger sibbes was haar suster Anastasia en broer, Aleksei.

Maria se teregstelling in 1918 in Jekaterinburg saam met die res van haar gesin het daartoe gelei dat sy saam met hulle as heiliges van die Russies-Ortodokse Kerk verklaar is. Daar was lank gerugte dat haar jonger suster, Anastasia, die slagting oorleef het,[1] maar later is geglo dis Maria en haar broer se oorskot wat in 1979 nie by dié van die res van die gesin gevind is nie.[2] Nog bene is egter in 2007 ontdek, en DNS-toetse het bewys dit is Maria en Aleksei s'n.[3]

  1. Kurth (1983), p. xiv
  2. Klier en Mingay (1995), p. 203
  3. ""DNA proves Bolsheviks killed all of Russian Czar's children", ''CNN'', March 11, 2009" (in Engels). Cnn.com. 11 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2018. Besoek op 13 Julie 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search