Halfedelsteen

'n Halfedelsteen is 'n mineraal wat tot sieraad verwerk is en wat nie tot die vier groepe van edelstene (diamant, robyn, saffier of smarag) behoort nie. Net soos edelstene het hulle 'n spesifieke hardheid en ligbreking. Gewoonlik word net stene met 'n Mohsgetal van groter as 7 as edelstene beskou.

Halfedelstene word in fassetvorm geslyp om die skittering meer duidelik sigbaar te maak, en in hierdie vorm is hulle baie waardevol en word veral in juwele gebruik. Die prys van 'n halfedelsteen hang af van onder andere die grootte, helderheid en slypvorm.

Voorbeelde van halfedelstene is: rooskwarts, tieroog, agaat, jaspis, granaat, toermalyn en ametis.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search