Handelinge

Die Handelinge van die Apostels (Grieks: Πράξεις Ἀποστόλων, Práxeis Apostólōn; Latyn: Actūs Apostolōrum), of soms slegs Handelinge, of meer formeel die Boek van Handelinge, is die 5de boek in die Nuwe Testament van die Bybel.

Die boek vertel hoe die verhoogde Here deur die uitstorting van die Heilige Gees sy volgelinge toegerus het om gehoorsaam te wees aan sy laaste opdrag. Die apostels het toe onbevrees in Jerusalem getuig van die opstanding van Jesus. Vervolgings deur die Joodse Raad loop daarop uit dat die evangelie verkondig word in die hele Judea en Samaria en verder noord tot in Antiogië. Hierin het Petrus, Jakobus, Johannes en Jakobus die broer van Jesus, maar veral ook Paulus 'n belangrike rol gespeel. Paulus se bydrae blyk veral uit sy sendingreise waardeur hy die kerk gevestig het in Klein-Asië, Griekeland en verder weswaarts.

Die verhaal sluit af met die vertelling van Paulus wat in Rome as gevangene gebind is, maar laat blyk dat die Woord en die Gees nie gebind kan word nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search