Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal

HAT 6de uitgawe, 1ste druk van 2015

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) is die bekendste verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal. Dit word oor die algemeen as gesaghebbend beskou. In teenstelling met die omvattende verklarende WAT is die HAT 'n bondige woordeboek in 'n enkele band, of volume, waarvan die sesde (huidige) uitgawe 1 632 bladsye beslaan. Die WAT, daarenteen, bestaan reeds uit sestien dele, of volumes, en word steeds uitgebrei. Die HAT word sedert 1965 gereeld hersien. Die sesde papieruitgawe van die HAT het in 2015 verskyn, 50 jaar ná die eerste uitgawe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search