Harslag

Disse wat van afval gemaak is.
Afval te koop op 'n mark in Istanboel.

Die harslag is die ingewande wat in die borsholte van die geslagte dier voorkom. Dit sluit in die hart, milt, longe, slukderm en gorrel en soms ook die lewer. Die Afrikanercuisine ken baie geregte waarby harslag die vernaamste bestanddeel is. Gewoonlik word na sulke geregte verwys as afval. Deesdae word onder afval egter veral enige gereg met pens en pootjies verstaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search