Hartbloedvatsiekte

Hartbloedvatsiektes
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Mikrograaf van ’n hart met fibrose (geel) en amiloïdose (bruin).
’n Mikrograaf van ’n hart met fibrose (geel) en amiloïdose (bruin).
ICD-10 I00I99
Mediese waarskuwing

Hartbloedvatsiektes is ’n groep siektes wat die hart en bloedvate aantas.[1] Dit sluit in kroonslagaarsiektes soos angina en hartaanvalle.[1] Ander hartbloedvatsiektes is beroertes, hartversaking, rumatiese hartsiekte, kardiomiopatie, hartritmestoornis, hartklepaandoening, hartontsteking, aorta-aneurismes en trombose.[1][2]

Die onderliggende oorsake kan verskil na gelang van die siekte.[1] Kroonslagaarsiektes en beroertes behels aterosklerose.[1] Dit kan onder meer veroorsaak word deur hoë bloeddruk, rook, diabetes, ’n gebrek aan oefening, vetsug, hoë cholesterol, slegte eetgewoontes en te veel alkohol.[1] Hoë bloeddruk lei tot 13% van sterftes aan hartbloedvatsiektes, tabak tot 9%, diabetes tot 6%, gebrek aan oefening tot 6% en vetsug tot 5%.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 Shanthi Mendis; Pekka Puska; Bo Norrving; World Health Organization (2011). Global Atlas on Cardiovascular Disease Prevention and Control (PDF). Die Wêreldgesondheidsorganisasie in samewerking met die Wêreldhartfederasie en die Wêreldberoerte-organisasie. pp. 3–18. ISBN 978-92-4-156437-3. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2014.
  2. GBD 2013 Mortality and Causes of Death, Collaborators (17 Desember 2014). "Global, regional, and national age-sex specific all-cause and cause-specific mortality for 240 causes of death, 1990-2013: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2013". Lancet. 385 (9963): 117–71. doi:10.1016/S0140-6736(14)61682-2. PMC 4340604. PMID 25530442. {{cite journal}}: |first1= has generic name (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search