Hartswater

Nota: Hierdie artikel handel oor die nedersetting in die Noord-Kaap. Vir die veesiekte, sien hartwater.
Hartswater

Phokwane
Dorp
Hartswater is in Noord-Kaap
Hartswater
Hartswater
 Hartswater se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 27°46′0″S 24°49′0″O / 27.76667°S 24.81667°O / -27.76667; 24.81667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikFrances Baard
MunisipaliteitPhokwane
Stigting1934
Oppervlak
 • Totaal10,77 km2 (4,16 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal10 465
 • Digtheid972/km2 (2 520/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense12.0%
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense30.2%
 • Swart mense56.3%
 • Ander1.5%
Taal (2011)
 • Afrikaans47.8%
 • Tswana37.9%
 • Engels7.8%
 • Xhosa1.8%
 • Ander4.7%
Poskode (strate)
8570
Poskode (posbusse)
8570
Skakelkode053
Webwerf[1]

Hartswater is 'n dorp geleë tussen Jan Kempdorp en Taung, in die Vaalharts-besproeiingskema van die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die townships Bonita Park en Pampierstad is naby die dorp. Die bevolking was 10 465 inwoners in 2011,[1] vergeleke met 2 458 in 1979, waarvan 1 300 wit was.[2]

Die Kalahari-agtige omgewing in en om die dorp is in 'n lusoord omskep, danksy die water van die Vaalrivier wat in reuse betonkanale sowat 50 km ver hierheen herlei word. Deur die ywer van die eerste nedersetters is die sanderige, beboste bodem in 'n kort tydperk ná die dorp aangelê is, in ryk, vrugbare aarde omskep.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Hoofplek Hartswater". Sensus 2011.
  2. Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search