Hastings Banda

Hastings Kamuzu Banda
Hastings Banda

1ste president van Malawi
Ampstermyn
6 Julie 1966 – 24 Mei 1994
Voorafgegaan deur Elizabeth II
as koningin van Malawi
Opgevolg deur Bakili Muluzi

Eerste minister van Malawi
Ampstermyn
6 Julie 1964 – 6 Julie 1966
Voorafgegaan deur Pos geskep
Opgevolg deur Homself as president

Persoonlike besonderhede
Gebore c. Maart of April 1898
Kasungu, Sentraal-Afrikaanse Federasie
(hedendaagse Malawi)
Sterf 25 November 1997 (op sowat 99)
Johannesburg,
Suid-Afrika
Politieke party Malawiese Kongresparty
Religie Presbiteriaans
(Kerk van Skotland)

Dr. Hastings Kamuzu Banda (c. Maart of April 1898[1] – 25 November 1997) was ’n politikus van Malawi wat sy land gehelp het om van Brittanje onafhanklik te word.[2] Banda was van 1961 tot 1994 die leier van sy land. Vir die eerste drie jaar van sy bewind, totdat dit in 1964 onafhanklik geword het, was Malawi die Britse protektoraat Njassaland. Daarna was hy Malawi se lewenslange president tot in 1994, toe hy in 'n verkiesing verslaan en dié amp afgeskaf is. Hy is in 1997 in Suid-Afrika oorlede.

  1. Brody, Donal (2000), Conversations with Kamuzu: The Life and Times of Dr. H. Kamuzu Banda, http://www.scribd.com/doc/7693584/Dr-Banda-Biography1 
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search