HemelBesem

HemelBesem
Ook bekend asSimon Witbooi
GenresKletsrym, hip-hop
Beroep(e)kletsrymer
Instrumentestem
Webwerfhttps://hemelbesem.co.za

HemelBesem (alias Simon Witbooi) is 'n Suid-Afrikaanse kletsrymer. Hy het grootgeword in Blackheath een van die suidelike voorstede van Kaapstad, Wes-Kaap. Na sy matriekjaar is hy na Worcester, waar hy vir 'n ruk pastoor was. In 2011 het hy besluit om terug te keer Kaapstad toe om op sy ander passie, musiek, te fokus.

Met sy kletsrym, wat uit uitstekende lirieke bestaan, daag hy ras, kultuur en taal uit om persepsies te verander wat geskoei is op vooropgestelde idees.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search