Hendrik Verwoerd

Hendrik Verwoerd
Hendrik Verwoerd

Ampstermyn
2 September 1958 – 6 September 1966
President Charles Robberts Swart (1961–1966)
Monarg Elizabeth II (1958–1961)
Goewerneur-generaal E.G. Jansen (1958–1959)
Charles Robberts Swart (1959–1961)
Voorafgegaan deur Johannes Gerhardus Strijdom
Opgevolg deur Eben Dönges (wnd.)

Persoonlike besonderhede
Gebore Hendrik Frensch Verwoerd
8 September 1901
Amsterdam, Nederland
Sterf 6 September 1966 (op 64)
Kaapstad, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Betsie Schoombee
Kind(ers) 7
Alma mater Universiteit Stellenbosch
Universiteit van Berlyn
Universiteit van Hamburg
Universiteit van Leipzig
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Dr. Hendrik Frensch Verwoerd (Amsterdam, 8 September 1901Kaapstad, 6 September 1966) was die eerste minister van Suid-Afrika wat weens ’n sluipmoord in die parlement in Kaapstad gesterf het. Verwoerd word algemeen as die argitek van die apartheidstelsel beskou. Sy premierskap word gekenmerk aan die drastiese verbetering van swart lewenstandaarde en spoedige ekonomiese ontwikkeling.[1][2] Mense sal waarskynlik nog lank verskil oor die waarde van sy werk. In die geskiedenis van die Afrikaners en van Suid-Afrika bly die grondlegger van die 1961-Republiek ’n sleutelfiguur en vir sommige mense 'n held.

  1. Marais, Jaap A., Assassination and the Tragedy of South Africa, Steven Books, 2004 (ISBN 978-1-904911-13-5)
  2. Mpeta, Bokang, Fourie, Johan, & Inwood, Kris. (2018). Black living standards in South Africa before democracy: New evidence from height. South African Journal of Science, 114(1-2), 1-8. https://dx.doi.org/10.17159/sajs.2018/20170052

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search