Hendrik die Seevaarder

Portret waarvan geglo word dat dit 'n ware gelykenis van Hendrik die Seevaarder toon. Detail uit die vyfde paneel van die poliptiek van St. Vincent deur Nuno Gonçalves, c. 1470.[1]

Prins Hendrik die Seevaarder was die grondlegger van die Portugese koloniale ryk en dus een van die grootste figure in die geskiedenis van die destydse Westerse wêreld. Hy het teen die einde van die Middeleeue en begin van die Renaissance ‘n oorheersende rol gespeel in die ontdekkingsreise langs die weskus van Afrika. Bartolomeus Dias, Vasco da Gama en ander ontdekkers het voortgebou op die kennis wat hy ingesamel het.

  1. BRANCO, FERNANDO (2022). "HENRY THE NAVIGATOR AND THE ST. VINCENT PANELS". TRIPLO V, CLEPUL Univ. Lisboa.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search