Herero Otjiherero | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Angola Botswana Namibië | |
Gebied: | Suider-Afrika | |
Totale sprekers: | 211 700[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Herero | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Namibië (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | hz | |
ISO 639-2: | her | |
ISO 639-3: | her | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Herero (Otjiherero) is 'n Bantoetaal in Suider-Afrika wat deur sowat 211 700 mense gepraat word. Dit word deur die Herero-volk gepraat en is een van die nasionale tale van Namibië. Daarbenewens word Herero in die aangrensende lande Angola en Botswana gepraat.
Herero word veral in die voormalige Bantoestan Hereroland van die destydse Suidwes-Afrika gepraat, dit sluit die Namibiese streke Omaheke, Otjozondjoepa en Kunene in. Herero sluit die dialekte Kaokoland-Herero, Sentraal-Herero en Mahalapye-Herero (Botswana) in. Herero is nou verwant aan Oshiwambo, die taal van die Ovambo's.
Die eerste Bybelvertalings in Herero deur die sendeling Gottlieb Viehe (1839–1901) aan die einde van die 19de eeu het die taal 'n letterkundige grondslag op die Latynse alfabet gegee. Vader Peter Heinrich Brincker (1836–1904), wat groot bydraes tot die studie van die taal gemaak het, het ook vertalings van teologiese geskrifte en liedjies gemaak.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search