Hertzsprung-Russell-diagram

Nog ’n voorbeeld van ’n Hertzsprung-Russell-diagram.

Die Hertzsprung-Russell-diagram is ’n grafiese voorstelling wat die verhouding aandui tussen sterre se absolute magnitude of helderheid en hul spektraaltipe of effektiewe temperatuur. Verskeie weergawes van die diagram bestaan. Op die vertikale as word die helderheid aangedui en op die horisontale as die spektraaltipe en/of die oppervlaktemperatuur, soos die B-V-kleurindeks. Die temperatuur neem af van links na regs.

Die diagram is omstreeks 1910 onafhanklik van mekaar deur Ejnar Hertzsprung en Henry Norris Russell ontwerp.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search