Hiboniet

Hiboniet
 
Formule CaAl12O19 
Onsuiwerhede Fe,Ti,V,Cr,Ce,Mg,Si 
Nickel-Strunz (10) 4.CC.45  
Kleur bruin tot swart opaak[1] 
Hardheid 7,5 – 8 (Mohs) 
Digtheid 3,83 - 3,85 g/cm3 
Dubbelbreking eenassig (-) 
RI-waardes nω = 1.807 nε = 1.790 n = 1.807 
Kristalsisteem heksagonaal 
Ruimtegroep P6₃}/mmc [2] 
Eenheidsel a = 5.613(1) Å, c = 22.285(8) Å
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Hiboniet is 'n mineraal met die formule CaAl12O19 wat op Madagaskar gevind word maar ook in meteoriete aangetref word. Ander metaalatome soos yster, vanadium, chroom en titaan kan aluminiumatome vervang. Die kleur van 'n hibonietkristal word bepaal deur die onsuiwerhede. [3] Die mineraal is na die Franse geoloog Paul Hibon vernoem wat dit in 1955 as swart of deurskynende korrels in die alluviale toriantiet en flogopiet-afsettings van Esiva in die provinsie Toliare (Tuléar) van Madagaskar gevind het. [4] Van die hibonietkristalle word as juweel aangewend.

Die kristalstruktuur bevat vyf verskillende aluminiumposisies. Al(1), Al(3) en Al(4) is oktaëdries, die Al(2)-posisie is tetraëdries en Al(5) is 'n taamlik ongewone trigonale bipiramide wat 'n 5-omringing verteenwoordig. Yster kan in aldrie posisies voorkom maar Mössbauer-gegewens wys dat dit veral as Fe2+ in 5-omringing optree. Dit is dalk naas 'n Ti4+-ioon in 'n Al(3)-oktaëder wat 'n vlak met Al(5) deel. [3]

  1. "mindat 1879" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2019.
  2. American Mineralogist Arizona
  3. 3,0 3,1 [dooie skakel[dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel][dooie skakel] Crystal chemistry of meteoritic hibonites Roger G. Burns, Virginia Mee Burns Journal of geophysical research 89(S01) 15 November 1984, bls. C313-C321]
  4. Hibonite: a new gem mineral Thomas Hainschwang, Franck Notari, Laurent Massi, Thomas Armbruster, Benjamin Rondeau, Emmanuel Fritsch, and Mariko Nagashima Gems Gemology Rapid communications 2010, bls. 135

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search