Hidra (mitologie)

Die Estiese kunstenaar Nikolai Triik se Geveg met Hidra.

Hidra, of die Waterslang, was in die Griekse mitologie ’n slangagtige watermonster. Dit het meer koppe gehad as wat skilders kon uitbeeld (maar dit is ook bekend as ’n negekoppige slang). Vir elke kop wat afgekap is, het twee in die plek daarvan gegroei en daarom was die slang onsterflik, solank as wat hy een kop behou het. Sy asem was giftig en selfs die reuk van sy bloed kon iemand doodmaak.[1]

Dié monster het by die Lernameer gehou en is dus ook bekend as die Waterslang van Lerna. Onder die water van Lerna was ’n ingang na die onderwêreld en die waterslang het dit bewaak.[2]

Die Hidra is deur Herakles doodgemaak met die hulp van sy broerskind Iolaus as die tweede van sy twaalf take, deurdat Herakles sy neus met ’n doek toegehou het en Iolaus elke kop wat hy afgekap het, met ’n vlam geskroei het sodat nuwe kop nie kon teruggroei nie. Die Hidra se laaste kop is afgekap met ’n goue swaard wat Atena vir Herakles gegee het.

  1. Hyginus, Gaius Julius, bl. 30.
  2. Kerenyi, Carl (1959). The Heroes of the Greeks. bl. 143.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search