Hippokrates

Hippokrates
Hippokrates van Kos (illustrasie 1925).
Hippokrates van Kos (illustrasie 1925).
Gebore Kos, Antieke Griekeland
omstreeks 460 v.C.
Oorlede Larissa, Antieke Griekeland
omstreeks 370 v.C.
Beroep Geneesheer

Hippokrates van Kos (Oudgrieks: Ἱπποκράτης ὁ Κῷος) (Kos, omstreeks 460 v.C. – Larissa, omstreeks 370 v.C.) was ’n Griekse geneesheer. Sy naam beteken "perdetemmer". Hy word beskou as die vader van die moderne geneeskunde omdat hy die eerste persoon was wat natuurlike oorsake as die rede vir siektes gesien het in plaas van bonatuurlike oorsake. Hy is die eerste arts in die Westerse wêreld wat ’n diagnose kon doen na gelang van simptome en daarvolgens ’n bepaalde terapie kon voorskryf. Dié beginsel is egter toe reeds millenniums lank in Indië en China toegepas. Hy het dus die geneeskunde in die Westerse wêreld uit die taboe-sfeer van towenary en godsdiens gehaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search