Ho Chi Minh-stad

Ho Chi Minh-stad
Thành phố Hồ Chí Minh

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Viëtnam Viëtnam
 Provinsie Hồ Chí Minh
 Koördinate 10°46′37″N 106°42′03″O / 10.77694°N 106.70083°O / 10.77694; 106.70083
 Stigting 1698
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 095,5 vk km
 Hoogte bo seevlak 19 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 7 123 340
 - Bevolkingsdigtheid 3 800/vk km
 Tydsone UTC+7
 Burgemeester
 Amptelike webwerf hochiminhcity.gov.vn

Ho Chi Minh-stad (Viëtnamees: Thành phố Hồ Chí Minh, [tʰàjŋ̟ fǒ hò cǐ mīŋ̟] of [tʰàn fǒ hò cǐ mɨ̄n]), algemeen bekend onder sy vorige naam Saigon (Viëtnamees: Sài Gòn; [sàj ɣɔ̀n] of [ʂàj ɣɔ̀ŋ]), is die grootste stad in Viëtnam. Volgens die 2019-sensus het Ho Chi Minh-stad 'n bevolking gehad van meer as 8,9 miljoen en meer as 21 miljoen in die metropolitaanse gebied.[1] In die suidooste van Viëtnam geleë, omring die stad die Saigonrivier en beslaan ongeveer 2061 vierkante kilometer.

Ho Chi Minh-stad is 'n ekonomiese en finansiële sentrum en speel 'n belangrike rol in die land se kulturele en wetenskaplike ontwikkeling. Dit is naby die Mekongrivierdelta geleë. Die middestad is aan die oewer van die Saigonrivier geleë, 60 km wes van die Suid-Chinese See en 1 760 km (1 094 myl) suid van Hanoi. Die Landmark 81 en Bitexco Financial Tower is wolkekrabbers in die stad.

Voor die Viëtnamese nedersetting in die 17de eeu was die stad 'n ylbevolkte gebied wat agtereenvolgens deel van die historiese koninkryke van Funan, Champa en Khmer was. Met die aankoms van die Viëtnamese het die gebied meer welvarend geword en amptenare het hulself vanaf 1623 tot 1698 in die stad begin vestig. Nadat die laaste Viëtnamese dinastie die stad in 1862 aan die Franse afgestaan het, is die naam Saigon aanvaar en het die stad verstedeliking ondergaan om 'n belangrike ekonomiese sentrum in die streek te word. Die stad was die hoofstad van Suid-Viëtnam tot aan die einde van die Viëtnamoorlog wat deur Noord-Viëtnam gewen is in 1975. In 1976 het die regering van 'n verenigde Viëtnam Saigon hernoem na sy huidige amptelike naam ter ere van die kommunistiese leier Hồ Chí Minh.

Die stad is 'n streeksmag in finansies en besigheid en word deur die Globalization and World Cities Research Network as 'n beta-stad geklassifiseer.[2] Dit is 'n opkomende internasionale toeristebestemming met gewilde landmerke wat verband hou met die oorblyfsels van sy koloniale verlede wat deur die argitektuur daarvan uitgebeeld word. Die stad is 'n belangrike sentrum van vervoer wat oor die Tan Son Nhat Internasionale Lughawe, die besigste lughawe in Viëtnam, beskik. Met die vinnige ekonomiese ontwikkeling verkry Ho Chi Minh-stad nuutgeboude hoëtegnologie-sones en addisionele opvoedkundige instellings vestig hul hier. Die stad dien ook as 'n belangrike media- en vermaaklikheidsbron.

  1. (vi) "Báo cáo sơ bộ Tổng điều tra Dân số và nhà ở 2019" [General statistics for Population and households investigation 2019] (pdf). General Statistics Office of Vietnam. Besoek op 20 Maart 2020.
  2. (en) "The World According to GaWC 2020". GaWC – Research Network. Globalization and World Cities. Besoek op 31 Augustus 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search