Holisme

Genl. Jan Smuts in 1950 afgeneem deur G. Davis van Johannesburg nadat hy die Randse Paasskou geopen het.

Holisme (vanaf ὅλος holos, 'n Griekse woord wat alles, geheel, som beteken) is die idee dat al die eienskappe van 'n gegewe stelsel (fisies, biologies, chemies, sosiaal, ekonomies, verstandelik, linguïsties, esv.) nie in terme van die onderliggende komponente alleen verduidelik kan word nie. Die stelsel as 'n geheel bepaal eerder op 'n belangrike wyse hoe die dele hulle gedra. Die algemene begrip van holisme is deur Aristoteles in die Metafisika opgesom: "Die geheel is meer as die som van sy onderdele" (1045a10).

Reduksionisme word soms as die teenoorgestelde van holisme gesien. Redusionismewetenskap het dat 'n ingewikkelde stelsel verklaar kan word met sy reduksie in sy fundamentele onderdele. Die prosesse van biologie is byvoorbeeld reduseerbaar tot chemie, en die wette van chemie word weer deur fisika bepaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search