Homo luzonensis

Homo luzonensis
Tydperk: Laat Pleistoseen
0.07–0.065 m. jaar gelede
CCH1, ’n 67 000 jaar oue fossiele middelvoetbeen wat moontlik aan Homo luzonensis behoort.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. luzonensis
Binomiale naam
Homo luzonensis
(Détroit et al., 2019)

Homo luzonensis is ’n uitgestorwe spesie oermense in die genus Homo.[1] In 2007 is ’n middelvoetbeen (MT3) in die Callaogrot op die eiland Luzon, Filippyne, ontdek deur die Filippynse argeoloë Armand Mijares en Philip J. Piper. Florent Détroit het dit aanvanklik as dié van ’n moderne mens geëien. Die ouderdom is deur middel van uraan-lood-datering vasgestel op 66 700 ± 1 000 jaar, terwyl verwante faunaoorblyfsels en ’n hominiene tand wat in 2011 gevind is, gedui het op ’n ouderdom van sowat 50 000 jaar.[2]

In 2019 het Armand Mijares et al. die ontdekking aangekondig van "nog twaalf hominiene elemente wat minstens drie individue verteenwoordig en wat gevind is in dieselfde stratigrafiese laag van die Callaogrot as die voorheen ontdekte middelvoetbeen". Hulle het die fossiele geïdentifiseer as behorende tot ’n nuwe spesie, Homo luzonensis, op grond van verskille van vorige geïdentifiseerde spesies in die genus Homo. Dié sluit in H. floresiensis en H. sapiens.[2][3][4]

Sommige wetenskaplikes dink egter nog bewyse is nodig om te bevestig dat die fossiele dié van ’n nuwe spesie is, eerder as ’n plaaslik aangepaste groep van ander Homo-bevolkings, soos H. erectus of H. denisova.[5]

  1. Gaglioti, Frank (21 Augustus 2019). "New human species discovered in the Philippines". World Socialist Web Site (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 22 Augustus 2019.
  2. 2,0 2,1 Détroit, F.; Mijares, A. S.; Corny, J.; Daver, G.; Zanolli, C.; Dizon, E.; Robles, E.; Grün, R.; Piper, P. J. (2019). "A new species of Homo from the Late Pleistocene of the Philippines". Nature. 568 (7751): 181–186. doi:10.1038/s41586-019-1067-9. {{cite journal}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)
  3. Grün, Rainer; Eggins, Stephen; Kinsley, Leslie; Moseley, Hannah; Sambridge, Malcolm (Desember 2014). "Laser ablation U-series analysis of fossil bones and teeth". Palaeogeography, Palaeoclimatology, Palaeoecology. 416: 150–167. doi:10.1016/j.palaeo.2014.07.023. {{cite journal}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)
  4. Zimmer, Carl (10 April 2019). "A New Human Species Once Lived in This Philippine Cave – Archaeologists in Luzon Island have turned up the bones of a distantly related species, Homo luzonensis, further expanding the human family tree". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 10 April 2019.
  5. Wade, L. (10 April 2019). "New species of ancient human unearthed in the Philippines". Science. 364. doi:10.1126/science.aax6501.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search