Hongkongse nasionale rugbyspan

Hongkong
Unie Hongkongse Rugbyunie (HKRU)
Bynaam(e) die Drake
Embleem Chinese draak
Afrigter(s) Vlag van Wallis Lewis Evans (sedert 2022)
Kaptein(s) Liam Slatem
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Nick Hewson (55)[1]
Meeste toetspunte Matthew Rosslee (217)[2]
Meeste drieë Salom Yiu-kam Shing (20)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Japan Japan 24–22 Hongkong Vlag van Hongkong
(Tokio, Japan; 9 Maart 1969)
Grootste oorwinning
Vlag van Hongkong Hongkong 164–13 Singapoer Vlag van Singapoer
(Kuala Lumpur, Maleisië; 27 Oktober 1994)
Grootste nederlaag
Vlag van Japan Japan 94–5 Hongkong Vlag van Hongkong
(Tokio, Japan; 22 Mei 2010)
Amptelike webwerf
www.hkrugby.com
Hongkongse nasionale rugbyspan
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   香港欖球代表隊
Vereenvoudigde Chinees   香港榄球代表队
Pinyin Xiānggǎng Lǎnqiú Dàibiǎoduì
Jyutping Hoeng1gong2 Laam5kau4 Doi6biu2deoi6

Die Hongkongse nasionale rugbyspan (Engels: Hong Kong national rugby union team; Chinees: Tradisionele karakters: 香港欖球代表隊, Vereenvoudigde karakters: 香港榄球代表队, Pinyin: Xiānggǎng Lǎnqiú Dàibiǎoduì, Jyutping: Hoeng1gong2 Laam5kau4 Doi6biu2deoi6) is die nasionale rugbyspan wat die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Hongkong geadministreer deur die Hongkongse Rugbyunie (HKRU) wat in 1952 gestig is. Hulle dra die bynaam “die drake”. Hongkong word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Hongkongse rugbyspan is tans (April 2024) 24ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Saam met Korea is Hongkong tradisioneel een van die sterker Asiatiese nasionale rugbyspanne na Japan. Hulle het tydens die Asiatiese Beker vyf titels ingepalm, agt keer in die derde en 15 keer in die vierde plek geëindig. Hongkong het op gereelde grondslag na die uitspeelwedstryde van die rugbywêreldbekerkwalifisering deurgedring, maar hulle kon nog nie kwalifiseer nie.

Hongkong beskik oor een van die oudste rugbytradisies in Asië, en hul rugbygeskiedenis streek terug na die 19de eeu, toe Britse koloniste hulle in Hongkong gevestig en die sport saamgeneem het. In 1969 het Hongkong sy eerste toetswedstryd tydens die eerste Asiatiese Kampioenskap teen Japan gespeel. Oor ’n lang tydperk was rugby in Hongkong tradisioneel met die Engelstalige burgers van Britse herkoms geassosieer, maar sedert die 1990’s is die sport ook deur die Kantoneestalige gemeenskap oorgeneem; die eerste van hierdie spelers is “Rambo” Leung Yeung Kit. Hongkong het in onlangse jare beter vertonings gelewer, nadat hulle tweede in die Asiatiese Rugbykampioenskaptoernooie in 2011, 2014 en 2015 geëindig het, en hulle het tydens die Rugbywêreldbeker 2015-kwalifisering tot die uitspeelwedstryd deurgedring, maar met 3–24 teen Uruguay verloor. Hongkong het die Asiatiese Rugbykampioenskaptoernooie in 2018 en 2019 gewen. Tydens die Rugbywêreldbeker 2019-kwalifisering het Hongkong weer die uitspeelwedstryd gehaal, maar hulle is deur Kanada geklop. Die Rugbywêreldbeker 2023-uitspeelrondte het Hongkong in die derde plek onder vier spanne afgesluit. Die Hongkongse span speel tradisioneel in donkerblou truie met wit broeke en donkerblou sokkies.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 5 April 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 5 April 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 5 April 2024.
  4. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 5 April 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search