Houtbok (astrologie)

乙未

Die Houtbok (乙未, yǐwèi) is die 32ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, ; die element Hout en Jin) met die agtste Aardtak (未, wèi), gesimboliseer deur die Bok (羊, yáng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtbokjaar het in 2015 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 19 Februarie 2015 tot 17 Februarie 2016.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search