Hughes H-4 Hercules

H-4 Hercules
"Spruce Goose"
Tipe Baie swaarvervoer, vliegboot
Vervaardiger Hughes Aircraft
Ontwerp deur Howard Hughes (Glenn E. Odekirk)
Henry J. Kaiser (slegs die konsep)[1]
Nooiensvlug 2 November 1947
Onttrek 2 November 1947, gestoor tot 5 April 1976
Status Projek gekanselleer, museumstuk
Vervaardig 1947
Aantal gebou 1

Die Hughes H-4 Hercules is 'n prototipe swaarvervoervliegtuig wat deur die Hughes Aircraft-maatskappy ontwerp en gebou is. Die vliegtuig het sy eerste en enigste vlug in 1947 onderneem. As gevolg van hulpbronbeperkings tydens die Tweede Wêreldoorlog, is die vliegtuig uit hout gebou; sy kritici het ook na hom as die "Spruce Goose" ("Spargans") verwys. Die Hercules is die grootste vliegboot wat ooit gebou is en het die grootste vlerkspan en hoogte van enige vliegtuig in die geskiedenis. Die vliegtuig het behoue gebly en word in goeie toestand in die Evergreen Lugvaartmuseum bewaar.[2]

Die neusgedeelte van die H-4.

Die H-4 is byna geheel en al uit gelamineerde berkehout gebou, met slegs klein hoeveelhede esdoring, populier, balsahout, en sparhout gebou; ten spyte daarvan dat die bynaam op sparhout dui.[3] Die "Duramold"-proses,[4] 'n vorm van samestellingstegnologie, is gebruik in die lamelhoutkonstruksie. Die vliegtuig is as 'n tegnologiese tour de force beskou: die projek het vliegbote ('n tegnologie wat binnekort uitgedien sou wees) byeengebring met 'n kolossale vliegraam wat werklik vindingryke ingenieursinnovasies geverg het. Op die ou einde was die projek egter 'n duur, vernederende mislukking en teen die einde van die oorlog is dit gekanselleer.

  1. McDonald 1981. Nota: 'n Wanbegrip bestaan aangaande die H-4 ontwerp; Howard Hughes het toesig gehou oor die ontwerppoging, maar vliegtuigingenieur Glenn E. Odekirk was in werklikheid die ontwerper terwyl Henry J. Kaiser 'n aanvanklike konsep verskaf het.
  2. Aircraft and Artifacts Geargiveer 28 Junie 2009 op Wayback Machine by die webwerf van die Evergreen Lugvaarmuseum. Verkry op 8 September 2009.
  3. Evergreen Aviation Museum and The Captain Michael King Smith Educational Institute, Hughes Flying Boat, H-4, HK-1 Spruce Goose Geargiveer 24 Desember 2005 op Wayback Machine. Besoek op 19 Augustus 2007
  4. Winchester 2005, p. 113. Nota: Die Hughes Maatskappy het die Duramold-proses ontwikkel waarin laaghout en hars in 'n liggewig maar sterk boumateriaal gemaak is wat ook na wense gevorm kon word.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search