IWeb

iWeb
Kort opsomming van die logo.
’n Skermgreep van iWeb 3.0.1, deel van iLife ’09.

Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 10 Januarie 2006[1]
Nuutste weergawe 3.0.4/ 11 Julie 2011 (2011-07-11)
Bedryfstelsel Mac OS X
Kategorie Multimedia Internetpublisering
Lisensie Eiendomsprogrammatuur
Webblad Apple - iWeb

iWeb is ’n sjabloongebaseerde WUSIWUK-webbladskeppingsinstrument wat deur Apple Inc. ontwikkel is. Die eerste weergawe van iWeb is op 10 Januarie 2006 by die Macworld-kongres en Ekspo bekendgestel as deel van die iLife-pakket van digitale leefstyltoepassings.[1] iWeb ’11 is op 20 Oktober 2012 bekendgestel as deel van die iLife ’11-pakket alhoewel dit nie opgedateer is van die vorige vrystelling (weergawe 3.0.2) nie.[2] iWeb stel gebruikers in staat om webblaaie en webjoernale te skep en te verander met hul eie teks, foto’s en video’s. Gebruikers kan dan hul webblaaie na MobileMe of ’n ander gasheerdiens oplaai. iWeb integreer ook met ander dienste insluitend Facebook, YouTube, Google AdSense en Google Kaarte.[2] In 2011 het Apple ontwikkeling aan iWeb gestaak.

  1. 1,0 1,1 Apple Inc. (10 Januarie 2006). "Apple stel iLife '06 bekend" (in Engels). Apple.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2011. Besoek op 21 Junie 2010.
  2. 2,0 2,1 Apple Inc. (6 Januarie 2009). "Apple stel iLife '09" (in Engels). Apple.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2011. Besoek op 21 Junie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search