Ian Khama | |
Ian Khama in 2014 | |
Ampstermyn 1 April 2008 – 1 April 2018 | |
Vise | Ponatshego Kedikilwe Mompati Merafhe Mokgweetsi Masisi |
---|---|
Voorafgegaan deur | Festus Mogae |
Opgevolg deur | Mokgweetsi Masisi |
5de Adjunkpresident van Botswana
| |
Ampstermyn 13 Julie 1998 – 1 April 2008 | |
President | Festus Mogae |
Voorafgegaan deur | Festus Mogae |
Opgevolg deur | Mompati Merafhe |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 27 Februarie 1953 Chertsey, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Politieke party | Botswana Democratic Party (tot 2019) Botswana Patriotic Front (sedert 2019) |
Alma mater | Royal Military Academy Sandhurst |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Botswana |
Diens/Tak | Botswana Verdedigingsmag |
Jare in diens | 1977–1998 |
Rang | Luitenant-generaal |
Seretse Khama Ian Khama[1] (Ian a Serêtsê; 27 Februarie 1953 –)[2] is 'n Tswana-politikus wat tussen 2008 en 2018 as President van Botswana gedien het.
Nadat hy as bevelvoerder van die Botswana Verdedigingsmag gedien het, het hy tot die politiek toegetree, vanaf 1998 tot 2008 as Adjunkpresident van Botswana gedien en aansluitend op 1 April 2008 Festus Mogae as President opgevolg.
Hy het 'n volle termyn in die 2009-verkiesing gewen en is in Oktober 2014 herverkies. Na tien jaar in amp het Ian Khama op 1 April 2018 self bedank en is deur adjunkpresident Mokgweetsi Masisi opgevolg.[3]
In Oktober 2019 is Masisi as Botswana se president herkies, nadat die Botswana Democratic Party sy grootste bedreiging van eenheid in meer as vyf dekades beleef het, aangesien Masisi se voorganger, Ian Khama, by die opposisie aangesluit en Masisi van outoritarisme beskuldig het.[4] Khama is voorheen tydens Masisi se eerste toespraak aan die nasie skerp aangeval.[5]
In April 2022 is Ian Khama gedagvaar om voor die hof in Botswana te verskyn. Die voormalige staatshoof word onder meer van die onwettige besit van ’n vuurwapen aangekla. Die saak dateer terug na 2016.[6]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search