Idioom

Sy praat 'n hond uit 'n bos uit.

'n Idioom is 'n vaste spreekwoord of segswyse wat eie is aan 'n spesifieke taal, streek of volksgroep. Idiome het gewoonlik 'n dieper betekenis wat uit die tradisies, geskiedenis en leefwyse van 'n volk gegroei het. Dit is nie altyd moontlik om die betekenis van 'n idioom uit die woorde af te lei nie, omdat dit baie op figuurlike spraak berus. Vir die rede kan idiome ook nie direk van een taal in 'n ander vertaal word sonder om die betekenis daarvan in ag te neem nie.

Afrikaans, as taal, is besonder ryk aan idiome. Idiome in Afrikaans is nie noodwendig in Engels of in ander tale beskikbaar nie. Die omgekeerde is egter ook waar. Direkte vertaling van idiome kan tot foutiewe (en soms komiese) vertalings lei. As voorbeeld: "Jan skiet 'n kat" beteken nie noodwendig dieselfde as "Jan shoots a cat" nie, maar moet na gelang van die konteks eerder vertaal word as "Jan is vomiting".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search