Internasionale Krieketraad

Internasionale Krieketraad
Kenteken van die Internasionale Krieketraad
Kenteken van die Internasionale Krieketraad
Engelse naam International Cricket Council
Afkorting ICC
Land wêreldwyd
Sportsoort Krieket
Gestig op 15 Junie 1909
Gestig in Lord’s, Londen, Engeland
Gestig deur Australië, Engeland en Suid-Afrika
Voorsitter Greg Barclay
Hoof- uitvoerende beampte Geoff Allardice
Hoofbestuurder Wasim Khan
Setel Doebai, Verenigde Arabiese Emirate (sedert 2005)
Londen, Engeland (1909–2005)
Lede 108 lidunies
(12 volle lede en 96 medelede)
Affiliasie Internasionale Olimpiese Komitee
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf icc-cricket.com

Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde. Vir die opstelling van die krieketwette is egter sedert 1788 die Marylebone-krieketklub (MKK, Engels: Marylebone Cricket Club) verantwoordelik.[1]

Die IRK se kantore in Doebai

Die Imperiale Krieketkonferensie is op 15 Junie 1909 as die Imperiale Krieketkonferensie gestig deur Australië, Engeland en Suid-Afrika op die Londense Lord’s. Op 31 Mei 1926 het Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië as volle lede aangesluit.[2] In 1952 het Pakistan gevolg, 1981 Sri Lanka, 1992 Zimbabwe, 2000 Bangladesj, asook in 2017 beide Afghanistan en Ierland. Die raad is in 1965 herdoop tot die Internasionale Krieketkonferensie en het in 1989 sy huidige naam aangeneem. In 2005 het die IKR sy hoofkantoor van die Lord’s-krieketveld in Londen na Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.[3] Die amptelike taal is Engels. Die Internasionale Krieketraad se huidige voorsitter is die Nieu-Seelander Greg Barclay.

  1. (en) "Laws". Lord’s-krieketveld. Besoek op 22 Februarie 2024.
  2. (en) "1909–1963 – Imperial Cricket Conference". Internasionale Krieketraad. Besoek op 22 Februarie 2024.
  3. (en) "Cricket chiefs move base to Dubai". BBC. 7 Maart 2005. Besoek op 22 Februarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search