Interslawies

Interslawies
medžuslovjansky
меджусловјанскы
Geskep deur: Vojtěch Merunka en Jan van Steenbergen 
Omstandigheid en gebruik: Hulptaal vir kommunikasie tussen Slawiërs in Sentraal- en Oos-Europa
Totale sprekers: 2000 (2017)[1]
Kategorie (doel): kunstaal
 internasionale hulptaal
  sonale hulptaal
   pan-Slawiese taal
    Interslawies
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: isv 

Interslawies (medžuslovjansky jezyk, меджусловјанскы језык [mɛd͡ʑusɫɔ'vjanskɪ 'jæzɪk]) is 'n kunsmatige taal wat ontwerp is om kommunikasie met en tussen verteenwoordigers van verskillende Slawiese volke te vergemaklik. Die grondgedagte is dat die Slawiese tale so eenders is dat dit op grond van gemeenskaplike eienskappe moontlik moet wees om 'n taal te skep wat deur alle Slawiërs sonder voorafgaande studie verstaan kan word.[2] Grammatika sowel as woordeskat is gebaseer op die hierdie ooreenkomste. Gevolglik het Interslawies drie geslagte en 'n volledige verbuiging en vervoeging, in teenstelling met hoogs vereenvoudigde internasionale hulptale soos Esperanto en Interlingua. Interslawies word geskryf met sowel die Latynse as die Cyrilliese alfabet.

Die taal word hoofsaaklik in internetverkeer gebruik, maar bevat ook 'n aantal elektroniese en gedrukte publikasies. Boonop vind internasionale konferensies sedert 2017 plaas. In teenstelling met baie soortgelyke projekte het Interslawies nie 'n sambreelorganisasie nie, maar kan die ongeveer 15 000 gebruikers en belangstellendes hoofsaaklik op sosiale media gevind word. Besluite oor leerhulpbronne, grammatika en woordeskat word deur 'n komitee van vyf lede geneem.[3]

  1. Kocór, bl. 21.
  2. "Interslavic – Introduction". steen.free.fr. Besoek op 21 Oktober 2019.
  3. "CISLa 2018". conference.interslavic-language.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2018. Besoek op 21 Oktober 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search