J.M. Coetzee

J.M. Coetzee
J. M. Coetzee in Warskou (2006)
Gebore
John Maxwell Coetzee

9 Februarie 1940 (1940-02-09)
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Australies
BeroepRomanskrywer, essayis, literatuurkritikus, taalkundige, vertaler
ToekenningsBooker-prys (1983)
Prix Femina Étranger (1985)
The Irish Times International Fiction Prize (1995)
Booker-prys (1999)
Nobelprys vir Letterkunde (2003)

John Maxwell Coetzee (gebore 9 Februarie 1940) is 'n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy word as die mees bekroonde lewende skrywer in die Engelssprekende wêreld beskou.[1] Hy is die eerste skrywer aan wie die Bookerprys twee keer toegeken is en in 2003 ontvang hy die Nobelprys vir Letterkunde.[2] Sy werk sluit in die romans Life & Times of Michael K, Disgrace, Waiting for the Barbarians, The Master of Petersburg, Slow Man en Diary of a Bad Year, en die gefiksionaliseerde outobiografieë Boyhood: Scenes from Provincial Life, Youth: Scenes from Provincial Life en Summertime. Onder sy essays tel Doubling the Point: Essays and Interviews, Giving Offence: Essays on Censorship, en Stranger Shores: Literary Essays, 1986–1999.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "The Nobel Prize in Literature 2003" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search