Jacob Zuma

Jacob Zuma
Jacob Zuma
Jacob Zuma in 2017

Ampstermyn
9 Mei 2009 – 14 Februarie 2018
Vise Cyril Ramaphosa
Kgalema Motlanthe
Voorafgegaan deur Kgalema Motlanthe
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa

President van die African National Congress
Ampstermyn
18 Desember 2007 – 18 Desember 2017
Vise Kgalema Motlanthe
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Thabo Mbeki
Opgevolg deur Cyril Ramaphosa

Ampstermyn
14 Junie 1999 – 14 Junie 2005
President Thabo Mbeki
Voorafgegaan deur Thabo Mbeki
Opgevolg deur Phumzile Mlambo-Ngcuka

Persoonlike besonderhede
Gebore 12 April 1942 (1942-04-12)
Nkandla, Natal, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Gertrude Sizakele Khumalo (1973–hede)
Kate Zuma (1976–2000)[1]
Nkosazana Dlamini (1982–1998)
Nompumelelo Ntuli (2008–hede)
Thobeka Mabhija (2010–hede)[2]
Gloria Bongekile Ngema (2012–hede)[3]
Kind(ers) 20 (geskat)[4]
Religie Protestantisme

Jacob Gedleyihlekisa Zuma (GCB) (gebore 12 April 1942, Nkandla, Natal (Suid-Afrika)) was die vierde President van Suid-Afrika, voormalige president van die regerende politieke party, die African National Congress sowel as 'n voormalige Adjunkpresident van Suid-Afrika. Hy is leier van die 2023 gestigte party Umkhonto we Sizwe.

Hy is 'n gewilde figuur, selfs oor politieke grense heen, maar word as omstrede gesien sedert sy finansiële adviseur, Schabir Shaik, skuldig bevind en veroordeel is weens korrupsie en bedrog. Hierdie gebeure het in Junie 2005 tot Zuma se afdanking as Adjunkpresident van Suid-Afrika gelei.[5] Nadat die leierskap van die African National Congress hom amptelik op 13 Februarie 2018 herroep het as president (dus gevra het om te bedank), het hy eers geweier, maar die volgende dag sy uittrede aangekondig.[6]

Op 29 Junie 2021 het Zuma die eerste president sedert die einde van witminderheidsregering in 1994 geword om tronkstraf opgelê te word. Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika het hom vir 15 maande gevonnis vir minagting van die hof nadat hy 'n vroeëre hofbevel verontagsaam het om na die Hof terug te keer om te getuig voor die Zondo-kommissie.[7] Zuma word op mediese parool uit die tronk vrygelaat volgens 'n aankondiging op 5 September 2021.[8]

  1. Berger, Sebastien (5 Januarie 2009). "ANC's Jacob Zuma to marry for fifth time". The Daily Telegraph (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 5 Mei 2010.
  2. "SA's Zuma marries his third wife" (in Engels). BBC News. 4 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2019. Besoek op 5 Mei 2010.
  3. "South Africa's polygamous president marries fourth wife" (in Engels). BNO News. 20 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2013. Besoek op 20 April 2012.
  4. Laing, Aislinn (20 Junie 2012). "Jacob Zuma faces losing £1.2 million support for four wives". The Daily Telegraph (in Engels). London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2019. Besoek op 20 Junie 2012.
  5. "Zuma corruption trial struck off the roll" (in Engels). SABC news. 20 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2007.
  6. "Pres. Jacob Zuma bedank". Maroela Media. 14 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019. Besoek op 14 Februarie 2018.
  7. "South Africa's top court sentences ex-President Jacob Zuma". BBC News (in Engels (VK)). 29 Junie 2021. Besoek op 29 Junie 2021.
  8. https://www.timeslive.co.za/politics/2021-09-05-former-president-jacob-zuma-released-on-medical-parole/

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search