Jakobsweg

Jakobsweg*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Jakobsweg
Ligging van Jakobsweg op 'n kaart (Spanje)
Jakobsweg
Jakobsweg
Ligging van die Jakobsweg in Spanje
Koördinate: 42°27′33″N 05°53′00″W / 42.45917°N 5.88333°W / 42.45917; -5.88333
Lande Vlag van Spanje Spanje
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iv, vi
Verwysings 669
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1993  (17de Sessie)
Uitbreidings 2015
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Jakobsweg oftewel Sint Jakobus se weg (Kastiliaans: El Camino de Santiago, Baskies: Done Jakue bidea, Galicies: O Camiño de Santiago, Frans: Chemins de Saint-Jacques-de-Compostelle, Duits: Der Jakobsweg), soms bloot Die Weg, is 'n aantal pelgrimsroetes wat verskillende oorspronge oor Europa het en eindig by die katedraal in Santiago de Compostela, Galisië (Spanje), waar volgens oorlewering die stoflike oorskot van die apostel Sint Jakobus begrawe is nadat dit per boot vanaf Jerusalem vervoer is. Die Jakobsweg is meer as 'n duisend jaar oud, en is sedert oudsher een van die belangrikste Christelike pelgrimstogte, neffens die pelgrimstogte na Rome (die Via Francigena) en na Jerusalem, en een waarop in die Katolieke geloof 'n volle aflaat, dit is, 'n totale kwytskelding van aardse bestrawwing vir reeds vergewe sondes, verdien kan word.

Die Jakobsweg is oorspronklik by 'n pelgrim se huis begin, en alhoewel sommiges dit steeds só onderneem, word dit vandag konvensioneel by enige van 'n aantal tradisionele beginpunte oor Europa geïnisieer. Slegs 'n handvol roetes met vasgestelde beginpunte word egter as die "hoofroetes" beskou. Gedurende die Middeleeue was die pelgrimstog na Santiago de Compostela geweldig gewild. Siekte, oorlog en politieke onrus (byvoorbeeld die Swart Dood en die Protestantse Hervorming) het langsamerhand tot die verval van die gewilde tog gelei. Teen die 1980's het slegs 'n klein aantal pelgrims jaarliks in Santiago aangekom. Sedertdien beleef die roete egter 'n heroplewing met pelgrims wat van regoor die wêreld kom om die tog af te lê. In Oktober 1987 verklaar die Europese Raad die roete die eerste Europese Kulturele Roete. Dit is ook as UNESCO-wêrelderfenisgebied gelys en in 2015 is die gebied uitgebrei.

Wanneer Sint Jakobusdag (25 Julie) op 'n Sondag val, verklaar die Katedraal in Santiago 'n Heilige Jaar. Afhangende van skrikkeljare, kom Heilige Jare in vyf-, ses- of elfjaarintervalle voor. Tydens hierdie jare onderneem aansienlik meer pelgrims die pelgrimstog na Santiago. Die mees onlangse Heilige Jare was 1982, 1993, 2004, en 2010. Die volgende is 2021, 2027, en 2032.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search