Jamal Khashoggi

Jamal Khashoggi in Maart 2018.

Jamal Ahmad Khashoggi (Medina, ongeveer[1] 13 Oktober 1958 - Istanboel, 2 Oktober 2018) was 'n Saoedi-Arabiese joernalis en rubriekskrywer vir The Washington Post.[2][3] Hy is deur 'n Saoedi-moordbende vermoor.[4] Aanvanklik het die Saoedi-regering verantwoordelikheid vir sy dood ontken, maar na die uiteenlopende verduidelikings vir sy dood het die prokureur-generaal van Saoedi-Arabië uiteindelik verklaar dat dit 'n moord met voorbedagte rade was.[5][6] Teen 16 November 2018 het die CIA tot die gevolgtrekking gekom dat die Saoedi-kroonprins Mohammad bin Salman die moord op Khashoggi beveel het.[7][8]

Jamal Khashoggi het op 2 Oktober 2018 verdwyn nadat hy die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanboel binnegekom het.[9][10][11] Sy verdwyning, en 'n geruime tyd later, die bevestiging van sy dood, het internasionale verontwaardiging en 'n diplomatieke skandaal veroorsaak.

  1. "Khashoggi Spent Last Years of His Life Looking Over His Shoulder". www.bloomberg.com (in Engels). Besoek op 20 Oktober 2018.
  2. "Jamal Khashoggi: Turkey says journalist was murdered in Saudi consulate". BBC News (in Engels). Besoek op 7 Oktober 2018.
  3. "Speakers" (in Engels). International Public Relations Association - Gulf Chapter (IPRA-GC). 10 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 201. Besoek op 11 Mei 2012.
  4. "NYT: Verdwenen journalist Khashoggi vermoord en in stukken gezaagd door Saoedisch moordcommando" (in Nederlands). Volkskrant. 9 Oktober 2018. Besoek op 9 Desember 2019.
  5. Batrawy, Aya; Torchia, Christopher (25 Oktober 2018). "Saudi Arabia again changes its story on Khashoggi killing". AP NEWS (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2018. Besoek op 16 Desember 2018.
  6. Stancati, Margherita; Said, Summer (25 Oktober 2018). "Saudi Arabia Says Evidence Points to Premeditated Killing of Khashoggi". The Wall Street Journal (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2018. Besoek op 16 Desember 2018.
  7. Harris, Shane; Miller, Greg; Dawsey, Josh (16 November 2018). "CIA concludes Saudi crown prince ordered Jamal Khashoggi's assassination". The Washington Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2018. Besoek op 18 November 2018.
  8. Schmitt, Eric; Fandos, Nicholas (4 Desember 2018). "Saudi Prince 'Complicit' in Khashoggi's Murder, Senators Say After C.I.A. Briefing". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2018. Besoek op 14 Desember 2018.
  9. "Journalist Detained in Saudi Consulate in Istanbul". The New York Times (in Engels). Besoek op 2 Oktober 2018.
  10. "Conflicting Saudi, Turkish claims on Jamal Khashoggi whereabouts". Al Jazeera (in Engels). Besoek op 5 Februarie 2023.
  11. Kamali, Saeed (3 Oktober 2018). "Saudi dissident Jamal Khashoggi missing after visit to consulate". The Guardian (in Engels). Dehghan. Besoek op 7 Oktober 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search