James van Allen

James van Allen
James van Allen in 1977.
Gebore
James Alfred van Allen

(1914-09-07)7 September 1914
Sterf9 Augustus 2006 (op 91)
Iowa
NasionaliteitAmerikaans
BeroepAstrofisikus
Bekend virVan Allen-gordels
Magnetosferiese fisika

James Alfred van Allen (7 September 1914 tot 9 Augustus 2006) was ’n Amerikaanse ruimtewetenskaplike aan die Universiteit van Iowa. Hy het ’n belangrike rol gespeel in die vestiging van die veld magnetosferiese navorsing in die ruimte.

Die Van Allen-gordels is na hom genoem nadat hulle ontdek is met sy instrumente aan boord van die ruimtetuie Explorer 1 en 3 en Pioneer 3.[1][2][3] Van Allen het hom beywer vir die insluiting van wetenskaplike navorsingsinstrumente op ruimtetuie.

  1. "Explorer 1 Scientific instrument" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 14 Julie 2013.
  2. "Explorer 3 Scientific instrument" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 14 Julie 2013.
  3. "Pioneer 3 Scientific instrument" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 14 Julie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search