Jane Seymour

Hierdie artikel handel oor die Engelse koningin-gemaal, die derde vrou van koning Hendrik VIII.
Jane Seymour
Koningin-gemaal van Engeland

Eggenoot Hendrik VIII van Engeland
Tydperk 30 Mei 1536 – 24 Oktober 1537
Voorganger Anna Boleyn
Opvolger Anna van Kleef
Huis Huis van Tudor
Kinders Edward VI
Gebore Omstreeks 1508
Oorlede 24 Oktober 1537
Handtekening

Jane Seymour (omstreeks 1508 – 24 Oktober 1537) was die derde vrou van koning Hendrik VIII van Engeland. Sy en Hendrik is op 30 Mei 1536 getroud, elf dae ná sy tweede vrou, Anna Boleyn, se teregstelling op aanklagte van owerspel, bloedskande en hoogverraad. Jane is weens komplikasies dood minder as twee weke ná die geboorte van haar enigste kind, ’n seun wat ná Hendrik se dood regeer het as Edward VI. Omdat sy die enigste van Hendrik se ses vroue was wat vir hom ’n manlike erfgenaam gegee het, is sy die enigste een wat ’n koningin se begrafnis gekry het en langs hom begrawe is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search