Wêreldwyd is sowat 130 miljoen mense van Japannese afkoms; daarvan leef omtrent 127 miljoen in Japan. Mense van Japannese afkoms wat in ander lande woon word nikkeijin (日系人) genoem. Die term etniese Japannese kan in sommige kontekste ook gebruik word om na verwante etniese groepe soos die Yamato, Ainoe en Ryukyu te verwys.
Verreweg die grootste Japannese diaspora het in die Amerikas gevestig, veral in Brasilië en die Verenigde State, bykans 3 miljoen mense. Die Japannese in Brasilië is sterk geassimileer en praat veral Portugees, net 'n minderheid gebruik nog Japannees. Terwyl Japannese veral tussen die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog in Brasilië gevestig het, het die Verenigde State die meeste Japannese ná die einde van die Pasifiese Oorlog gelok.
In Suid-Afrika woon 1 238 Japannese, veral in Johannesburg en ander groot stede. Hulle praat veral Engels, Japannees en Afrikaans. Die meeste Japannese het hul tydens apartheid in Suid-Afrika gevestig, waartydens Japan Suid-Afrika se grootste handelsvennoot was.[32]
↑"Japanese Filipinos". Ethnic Groups of the Philippines (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 2 Februarie 2016.
↑ 6,06,1"海外在留邦人数調査統計" [Annual Report of Statistics on Japanese Nationals Overseas] (PDF). Ministry of Foreign Affairs of Japan (in Japannees). 1 Oktober 2010. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
↑Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor (15 September 2006). "International Religious Freedom Report 2006" (in Engels). U.S. Department of State. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2012. Besoek op 4 Desember 2007.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)