Japannese Alpe

Ligging van die Japannese Alpe
Die bergpieke van Shirouma in die Hida-bergen

Die Japannese Alpe (Japannees: 日本アルプス, Nihon Arupusu) is 'n bergreeks op die Japannese eiland Honsjoe, bestaande uit die Hida-gebergte (飛騨山脈, Noord-Alpe), die Kiso-gebergte (木曽山脈, Sentraal-Alpe) en die Akaishi-gebergte (赤石山脈, Suid-Alpe). Saam met Foedji vorm die Japannese Alpe die belangrikste gebergtes van die Japanse Argipel.

Die term "Japannese Alpe" is deur die dominee Walter Weston, die "bergdominee", bekend gemaak. Hy het die skoonheid van die Japannese Alpe opgemerk en in sy reisgids oor Japan (1881) beskryf. In 1896 het hy 'n tweede boek, "Mountaineering and Exploration in the Japanese Alps", gepubliseer wat die belangstelling van die Japanners aangewakker het. Vanaf dié tyd het uitstappies in die Japannese Alpe één van die grootste stokperdjies van die Japanners geword. In Kamikochi is ter nagedagtenis aan Walter Weston 'n standbeeld opgerig.

Die Japannese Alpe bevat berge met 'n hoogte van meer as drieduisend meter bo seevlak soos Kita-dake (北岳, 3 193 m) en Hotaka-dake (穂高岳, 3 190 m). Ontake (御嶽山, 3 067 m ) is nie net 'n bestemming van pelgrimstogte nie, maar ook 'n aktiewe vulkaan; onlangse uitbarstings was in 1979, 1980 en 2014.

Die Japannese Alpe behoort tot die Stille Oseaan se Ring van Vuur, vervolgens is vulkaanuitbarstings en aardbewings algemeen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search