Japan | ||||
Unie | Japannese Rugbyvoetbalunie (JRFU) | |||
Bynaam(e) | Kersiebloeisels, Sakura, Dapper Bloeisels | |||
Embleem | die Sakura | |||
Stadion | Chichibunomiya Rugbystadion, Tokio | |||
Kapasiteit | 27 188 | |||
Afrigter(s) | Eddie Jones (sedert 2024) | |||
Kaptein(s) | Kazuki Himeno | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Hitoshi Ono (98)[1] | |||
Meeste toetspunte | Ayumu Goromaru (708)[2] | |||
Meeste drieë | Daisuke Ohata (69)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Japan 9–8 Kanada (Osaka, Japan; 31 Januarie 1932) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Japan 155–3 Taiwan (Tokio, Japan; 6 Julie 2002) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Nieu-Seeland 145–17 Japan (Bloemfontein, Suid-Afrika; 4 Junie 1995) | ||||
Wêreldbeker | ||||
Verskynings | 10/10 (Eerste in 1987) | |||
Beste uitslag | Kwarteindrondte in 2019 | |||
Unie webwerf | ||||
www.rugby-japan.jp |
Die Japannese nasionale rugbyspan (Japannees: ラグビー日本代表, Ragubī Nihon Daihyō; ook bekend as Kersiebloeisels, Sakura of die Dapper Bloeisels) is die nasionale rugbyspan wat Japan tydens internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle word as die beste rugbyspan in Asië beskou en sedert Mei 2020 deur Wêreldrugby as ’n vlak een-span erken.[4] Rugby word in Japan deur die Japannese Rugbyvoetbalunie (Engels: Japan Rugby Football Union, JRFU; Japannees: 日本ラグビーフットボール協会, Nihon ragubī futtobōru kyōkai), wat in 1926 gestig is, geadministreer.[5] Japan het tot dusver aan elke rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en in 2019 op eie bodem vir die eerste keer die kwarteindrondte gehaal.
Japannese rugby dateer terug na 1866, toe dit deur Britse matrose in die verdragshawens gespeel is. Die eerste plaaslike universiteitsspanne is in 1899 gestig en Japan het sy eerste toetswedstryd in 1932 teen Kanada gespeel. Die span neem aan die jaarlikse Stille Oseaan-nasiesbeker deel, saam met Fidji, Samoa en Tonga. Tot in 2017 het Japan ook aan die Asiatiese Rugbykampioenskap deelgeneem en dié toernooi 25 keer gewen, by verre meer as enige ander span; net vyf keer het Suid-Korea met die titel weggestap. Twee voormalige Japannese rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Japan is tans (April 2024) twaalfde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[6]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search