Jeffrey Epstein se dood

Jeffrey Epstein in sy finale polisiefoto op 8 Julie 2019

Op 10 Augustus 2019 is die Amerikaanse finansierder en veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein, in sy tronksel in New York se Metropolitaanse Korrektiewe Sentrum waar hy verhoorafwagtend was op nuwe aanklagte van sekshandel, in 'n toestand van nie-reaksie gevind. Volgens die amptelike verklaring van die Departement van Justisie, die Federale Departement vir Gevangenisse, "is hy na 'n plaaslike hospitaal vervoer vir die behandeling van lewensgevaarlike beserings en daarna deur die hospitaalpersoneel dood verklaar."[1] New York se Hoof Mediese Beampte het beslis dat Epstein se dood selfmoord was.[2] Epstein se advokate het die gevolgtrekking betwis en hul eie ondersoek geopen.[3]

Epstein se broer, Mark, het Michael Baden ('n Amerikaanse dokter en forensiese patoloog) gehuur om toesig te hou oor die lykskouing. Aan die einde van Oktober het Baden aangekondig dat lykskouingsgetuienis meer dui op dood deur verwurging eerder as deur te hang. Prokureur-generaal William Barr het Epstein se dood beskryf as "'n perfekte storm van verkeerde behandelinge".[4] Beide die FBI en die VSA se Inspekteur-generaal van die Departement van Justisie is besig met die ondersoek na die omstandighede van sy dood. Die wagte aan diens is later van sameswering en vervalsing van rekords aangekla.[5][6] Epstein se dood het veroorsaak dat die voortgesette sekshandel-ondersoeke se aandag na sy medewerkers verskuif het.[7]

Vanweë oortredings van die normale tronkprosedures die nag van Epstein se dood,[8][9] die wanfunksionering van twee kameras voor sy sel, en Epstein se bewerings dat hy inligting gehad het wat beroemdes kon benadeel, het spekulasie en samesweringsteorieë[10] oor die moontlikheid dat hy vermoor is na vore gekom.[11][12]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Twitter 2019
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Sisak
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Frias
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named auto5
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ramsey
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named auto3
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Wall Street Journal
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Benner
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hosenball
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gold
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Stewart
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :39

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search