Joan Baez

Joan Baez
Joan Baez tydens 'n optrede in 2003
Agtergrondinligting
GeboortenaamJoan Chandos Baez
Gebore9 Januarie 1941 (1941-01-09)
Staten-eiland, New York Stad (VSA)
GenresFolk, folk rock, country, gospel
Beroep(e)Musikant, Liedjieskrywer, aktivis
InstrumenteStem, kitaar, klavier, ukelele
Jare aktief1958 – hede
EtiketteVanguard (1960–1971)
A&M (1972–1977)
Portrait/CBS (1977–1981)
Gold Castle (1987–1991)
Virgin (1991–1993)
Guardian (1995–2002)
Koch (2003–hede)
AssosiasiesJackson Browne, Mary Chapin Carpenter, Judy Collins, Donovan, Bob Dylan, Steve Earle, Mimi Fariña, die Grateful Dead, Janis Ian, die Indigo Girls, Odetta, Pete Seeger, Paul Simon, Rocker T, Dar Williams
Webwerfwww.joanbaez.com

Joan Chandos Baez is 'n Amerikaanse folksanger en liedjieskrywer. Sy het bekend geraak om haar hoogs individuele vokale styl.

Baez is gebore op 9 Januarie 1941. Sy is 'n sopraan met 'n omvang van drie oktawe en 'n kenmerkende vibrato. Baie van haar liedjies handel oor maatskaplike vraagstukke.

Haar bekendste treffers is "Diamonds and Rust" en "The night they drove old Dixie down" uit die jare sewentig. Ander treffers sluit "Sweet Sir Calahad" en "Joe Hill" in wat sy bekendgemaak het tydens die Woodstock-fees van 1969. Haar verhouding met Bob Dylan en haar liefde vir aktivisme op gebiede soos niegeweld, burger- en menseregte en die omgewing het haar verder bekendgemaak. Haar beste prestasie op die treffersparade was "The night they drove old Dixie down" wat nommer drie in die Verenigde State van Amerika en nommer ses in die Verenigde Koninkryk was.

Baez tree al die afgelope sowat vyftig jaar op en het meer as dertig albums uitgereik, wat opnames in meer as agt tale insluit. Sy word steeds as folksanger beskou, hoewel haar styl sedert die sestigerjare aansienlik verander het. Tans is haar musiek 'n versmelting van alles van rock en pop tot country en gospel. Baez is 'n puik interpreteerder van ander mense se musiek, onder meer dié van die Beatles, Jackson Brown, Paul Simon, die Rolling Stones, Stevie Wonder en talle ander.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search