Joan Hambidge

Joan Hambidge

Joan Hambidge (gebore Joan Helene Hambidge, 11 September 1956, Aliwal-Noord) is 'n Suid-Afrikaanse digter, akademikus en letterkundige kritikus. Sy is welbekend vir haar uit-die-kas-skryfstyl. Haar teoretiese bydraes handel meestal oor Roland Barthes, dekonstruksie, post-modernisme, psigoanalise en die metafisiese.

Vir haar tweede bundel, Bitterlemoene (1986), ontvang sy die Eugène Maraisprys vir letterkunde. Meer onlangs ontvang sy ook die Litera-prys vir haar poësie.[1]

  1. http://www.litnet.co.za/joan-hambidge-1956/

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search